News powered by
General

Duif wen R1.4 miljoen

Mark en Naomie Kitchenbrand van Alberante is vreeslik trots en opgewonde oor hul renduif se prestasie wat op 22 Januarie plaasgevind het.

17 February 2011 | Simone Erasmus

Not rated yet.

Mark en Naomi is professionele duiweboere, met hul eie besigheid, Kitchenbrand’s Loft. Hul doen als as dit by duiwe kom, van medikasie en vitamiene tot die broei van die duif tot en met die wedren. Die Kitchenbrand familie vlieg al vanaf 1907 duiwe, maar Naomie het aanvanklik glad nie van duiwe gehou nie omdat sy as kin duiwehokke moes skoonmaak. Die gogga het weer gebyt en sedert 2003  vlieg hulle duiwe. Van hul prestasies sluit is   klub kampioen in 2004 en 2005,  tweede met enkelduif gemiddeld in die klub in 2006 en 2007, kampioen in die federasie  en eerste met enkelduif gemiddeld in die federasie in 2008, klub-en federasie kampioen in 2010 en Sun City Million Dollar Pigeon Race wenner in 2011.
Mark en Naomi het besluit om hul duif in te skryf vir die Sun City Million Dollar Pigeon Race. Om voor te berei vir so ‘n kompetisie is harde werk, "Jou broeipare moet gesond wees en die bloedlyn is baie belangrik, soos met die teel van perde," vertel Naomie, "Die seleksie van die duiwe wat dan na so 'n reis gaan is baie belangrik. Daarna is dit net die genade van ons Hemelse Vader."  Die "geveerde atlete" is by Hopetown, naby die Vrystaat, losgelaat om weer die resies na hulle tuiste, naamlik Sun City, te vind. Duiwe is in die Kitchenbrands se bloed. "Die Sun City Wedvlug word gesien as die grootste duiwe wedvlug in die wêreld. As jy nog nie Sun City gewen het nie, dan het jy nog niks behaal nie. Dit is die wedvlug van alle wedvlugte en die algehele Duiwe Olimpiade in die wêreld," vertel Naomie. Die kondisies waarin die duiwe moet vlieg is vreeslik moeilik, met baie warm weer en berge oral op hul pad.
Naomie verduidelik dat hul ingeskryf het vir die kompetisie omdat hulle baie kompeterend en geglo het hul sou wen. "Dit was vir ons belangrik om ons land se vlag in die wenposisie te sien," sê Naomie.
 Suid-Afrika het slegs drie keer die wedvlug in ‘n tydperk van 15 jaar gewen.  Die vorige twee kere wat Suid-Afrika gewen het was die inname van die duiwe nie hoog nie. Van die totale inskrywings, wat 6600 duiwe beloop het, het daar om en by 2500 na die finale reis gegaan.
Victor, die wenduif, is na rugbyspeler, Victor Matfield vernoem. Die duiwe word in spanne van drie elk ingeskryf en die Kitchenbrands het elke span 'n unieke naam gegee, byvoorbeeld bekende krieketspelers, sokkerspanne, koorname, televisiekarakters, ensovoorts.
En dan op aandring van Naomie se kinders, 'n Blou Bul span. "Natuurlik het my dogter 'n sê hierin gehad, en sy het eintlik voorspel dat Victor die wedvlug sou wen," sê Naomie.
Een van die voorwaardes by die wedvlug is dat sodra jy jou duif inskryf die duif die eiendom van Sun City Million Dollar Pigeon Race is. Na die finale reis word die eerste 100 duiwe die volgende g oggend tydens 'n openbare veiling opgeveil. Die res van die duiwe word dan na verkillende duiweklubs gestuur waar hul dan opgeveil word. "As jou duif dan al terug is en jy hom wil  terughé na die wedvlug, moet die duif teruggekoop word," sê Naomie, "Die duif wat jy dan teruggekoop het op die veiling kan net aangewend word om mee te teel."
Victor het sy eienare $200 000 laat wen, wat rofweg  R1.4 miljoen is. "Ons ooreenkom met ons Duitse vcennoot, Alfons Klaas, was om die wengelde gelykop te verdeel. Ons helfte is aangewend om die genetiese bloedlyne te versterk deur duiwe aankope, sowel as inskrywingsfooie vir volgende jaar," vertel Naomie.
Die Kitchenbrand gesin is van nature diereliefhebbers.  "Dit lyk soos ‘n dieretuin hier by ons," sê Naomie, "Al ons duiwe is soos ons kinders, hulle is op n dieet asook op n oefenprogram vir gesondheidsredes.  
Mark en Naomie  beplan om plaaslik in klubs en federasies mee te ding en te wen, en hulle beoog om weer die hoogste prestasies te behaal. Besoek hul webtuise by www.kitchenbrand.co.za.
Cap:
Photo saved as 1108seduif

« Back
SHARE ON:
RATE THIS ARTICLE:
Not rated yet.

Looking for a car?

Find it in looklocal Cars

Find a job

Find it in looklocal Jobs

Find your dream home

Find it in looklocal Property

YOU MAY ALSO BE INTERESTED IN

Network News

News powered by Moneyweb