Oosterlig sportreeks is 'n groot sukses
10 May 2011 | Horst Günther
Die Spur 16-sportreeks vir laerskole, aangebied deur die Hoërskool Oosterlig, was weereens 'n reuse sukses.
Die reeks is deur verskeie takke van Spur geborg.
Dié gulle borgskap en ondersteuning het dit moontlik gemaak vir laerskole vanaf Boksburg, Brakpan, Benoni, Kemptonpark en Germiston om op 'n groter skaal kragte te meet en het blootstelling gebied aan individuele spelers.
Spur se Super 12-sportreeks vir laerskole het aanvanklik rugby en netbal ingesluit, maar weens die sukses is 'n middag-aand 20/12-krieketreeks ook geborg.
Hierdie sportreeks is vanaf Januarie tot Maart vanjaar deur die Hoërskool Oosterlig aangebied.
Die wenners van die middag-aand 20/12-krieketreeks is: Hurleyvale Primary (eerste plek), Laerskool Oosterkruin (tweede plek), Laerskool Edleen (derde plek) en CBC (vierde plek).
Jacques Slabbert (Laerskool Oosterkruin) en Mitchell van Buuren (Hurleyvale Primary) is as die spelers van die toernooi aangewys.
Die wenners van die rugby is: Laerskool Kruinsig (trofeewenner) en Laerskool Concordia (plaatwenner).
Die netbal wenners is: Laerskool Kruinsig (trofeewenner) en Laerskool Elsburg (plaatwenner).


