Your Voices

Kempie-afrigter sê dankie

Die rugbyseisoen was ongelooflik

01 September 2012 | Annalie Anticevich

Current rating: 5 from 1 votes.

KWAGGA Loubser skryf:

As afrigter van Hoërskool Kemptonpark se eerste rugbyspan is dit ‘n groot voorreg om ‘n paar bedankings te doen.

Met my aanstelling as eerstespanafrigter vanjaar was my eerste doel om die eerste span weer “ons” eerste span te maak. Die “ons” waarvan ek praat is elke rugbyafrigter in die skool, elke personeellid, elke leerling (tans of oud), elke inwoner van Kemptonpark en almal wat bande met die Kempies het of gehad het.

Ek wou ‘n eerste span afrig waarna almal in die gemeenskap kan kyk en sê: “Dit is my eerste span”.

Die 2012-rugbyseisoen was ‘n ongelooflike seisoen. Daar was verskeie rolspelers wat ‘n groot invloed en bydrae gelewer het om die seisoen ‘n reuse sukses te maak.

Graag bedank ek die volgende persone/instansies:

Ons Hemelse Vader, sonder wie hierdie seisoen nie moontlik sou gewees het nie.

Dankie vir U leiding aan die span.

Aan Kempton EXPRESS, dankie vir al die foto’s en eerlike beriggewing oor Kempies se rugby gedurende die seisoen.

Ons hoof, mnr Roelof Burger. Dankie vir alles. Dankie vir meneer se leiding en ondersteuning. Meneer verdien die Beeldtrofeë na alles wat meneer al die afgelope 20 jaar ingesit het.

Aan elke leerling, personeellid, administratiewe dame, terreinpersoneel en beheerliggaamslid: die feit dat elkeen van ons by Kempies ‘n besonderse trots en passie het vir wat ons doen, is die eerste Rugbyspan aangespoor om hoë hoogtes te bereik. Baie dankie vir elkeen se ondersteuning en as oud-Kempie is dit vir my ‘n voorreg om met julle almal geassosieer te word.

Aan die drie senior rugbymanne by die skool, Jorrie Jordaan, Oupa van der Merwe, Chris Venter en al die afrigters, baie dankie vir jul volgehoue ondersteuning en insette. As rugby-organiseerder is dit vir my ‘n eer om aan die stuur van

Kempies-rugby en so 'n besonderse span te wees.

Borge speel ‘n belangrike rol en ek is dankbaar om die volgende persone en instansies te bedank: Stef van der Westhuizen (Chatoga Spur), Armando Loureiro (Family Fitness Centre), Riaan Janse van Rensburg en Johan Vogel (Huyndai Airport), Pieter en Cora Meyer (Pacfin), Jackie de Beer en Rafiq Khan (Total Aston), Sarel en Marlene Erasmus en Trevor Theron.

Baie dankie aan almal vir al die briewe, e-posse, fakse, oproepe en sms’e wat ons ontvang het. ‘n Besondere dank aan die senior Valke Rugby-unie, Valke Hoërskole

Rugbyvereniging, Hoërskool Birchleigh, Hoërskool Brandwag, Hoërskool Hans Moore, Hoërskool Hugenote, HTS Witbank, al ons voedingslaerskole en voormalige hoof, mnr Kas Terblanchè, vir u oproep.

Aan elke Kempie (tans en oud), asook almal wat ‘n liefde vir die Kempies het,dankie.
Aan elkeen van die eerstespanspelers en afrigters wat die eerstespantrui die afgelope 56 jaar al aangetrek en afgerig het, vir julle het ek die grootste respek. Ek kan nie genoeg dankie sê vir die trots, passie en karakter waarmee julle dit gedoen het nie.

Julle het die fondasie gelê waarop die 2012 span kon voortbou. Hierdie een is vir julle!

Aan die eerste rugbyspan se ouers van 2012: dankie vir jul ondersteuning aan my en my bestuurspan, vir al die ure en wat u op en van die veld af in u kind belê het.

Dankie vir al die kilometers wat u afgelê het.

Aan die eerste rugbyspan van 2012. My woorde aan julle gedurende die seisoen was altyd: “Mense sal vergeet wat jy gesê het, mense sal vergeet wat jy bereik het, maar mense sal nooit vergeet hoe jy hulle laat voel het nie”. Dankie vir die verskil wat julle in my lewe gemaak het en hoe julle my nie net Saterdag nie, maar die hele seisoen laat voel het.

Julle is ysters en ek sal die 2012-seisoen nooit vergeet nie. Lief vir julle.
My mede-afrigterspan, AJ Pienaar (afrigter), Quintin van Tonder (afrigter), Marnus de Vries (tegniese adviseur), Anton Bloem (biokinetikus) en Stephan Kruger (spanbestuurder), dankie vir die voorreg om vanjaar by julle betrokke te kon wees.

Dankie vir elkeen se insette, hulp, ondersteuning en die professionele manier waarop julle alles gedoen het. Sonder julle sou ons as span nie vanjaar bereik het wat ons het nie.

Aan wyle mnr George De la Hunt en mnr Andrè Strydom. Ek kon nie vir twee beter mentors en rolmodelle as afrigter gevra het nie. My sukses as afrigter is te danke aan jul leiding, raad en ondersteuning.

By julle het ek geleer wat is respek, dissipline, integriteit en hoe om met kinders te “werk”. Wat ek by julle geleer het, sal ek altyd in my hart en in my persoonlike lewe saam met my dra.

Aan my vriendin, Karin. Jy was vanjaar my steunpilaar en ek kan nie genoeg dankie sê vir al jou hulp en ondersteuning nie. Dankie dat jy altyd daar was om te luister as dinge bietjie moeilik gegaan het.

Jou sagte oor en positiewe gesindheid het dit makliker vir my gemaak om die druk te hanteer. Jy is ‘n spesiale mens en ek is bevoorreg om jou deel van my lewe te hê.Lief jou ongelooflik baie.

Aan my familie en vriende. Dankie vir alles oor die jare en dankie dat julle, julle is.


« Back
SHARE ON:
RATE THIS ARTICLE:
Current rating: 5 from 1 votes.
* Mandatory fields

ADD YOUR COMMENT

Name*:
Email*:
Subject*:
Comment*:

Looking for a car?

Find it in looklocal Cars

Find a job

Find it in looklocal Jobs

Find your dream home

Find it in looklocal Property

YOU MAY ALSO BE INTERESTED IN

Network News

News powered by Moneyweb

Network News

News powered by Moneyweb