Eat And Drink

Ervaar die gevoel van druiwe tussen die tone

Die eerste volwaardige druiweparsdag vind binnekort op Laeveldse bodem plaas.

24 February 2012 | Susanna Oosthuizen

Not rated yet.

WITRIVIER - Só ‘n gedoente het die Laeveld nog nie gesien nie. Meer as drie ton druiwe, honderde voete en oor die 400 bottels wyn. Hierdie is die Farmstyle Druiweparsdag wat op 17 Maart by die Farmstyle Design Post aangebied word.

Die wyndruiwe word deur die bekende Middelvlei-landgoed van die Kaap voorsien. Alhoewel die geleentheid ‘n unieke kans vir oud en jonk is om hierdie eeue oue gebruik te ervaar, word plaaslike besighede spesifiek uitgenooi om spanne van vier tot ses in te skryf. Hierdie groepe moet volgens ‘n gepaste tema aantrek om die getrappery nog meer aanskoulik te maak.

‘n Span kan saamgestel word uit kollegas of kliënte, en die inskrywingskoste per span beloop R5 000. Bo en behalwe die pret en samesyn tydens die wynpars, gaan elke groep ook aan die bottelering wat later in die jaar sal plaasvind, deelneem. Spanne ontvang 12 bottels rooiwyn met hul eie etiket en handelsmerk.

Die pret eindig egter nie hier nie. Elke korporatiewe span kan ‘n besigheids mededinger in die omgewing uitdaag om ook deel te neem, en pryse vir byvoorbeeld die besgeklede groep kan losgestrap word. So kan die Laeveld Media-span, byvoorbeeld vir Jacaranda RMFM uitdaag om in te skryf en hul trapkrag te meet.

Die program sal om 07:30 begin en verskeie aktiwiteite, lewende musiekvermaak, en kosstalletjies sal die geleentheid heerlik afrond. Besighede kan dadelik inskryf en persone wat belangstel om kosstalletjies te bedryf, kan ook navraag doen.

Navrae: Mariette Venter van Private Collections by 013-750-0608 of Lize Bouwer van Kokopelli by 082-333-8367.

« Back
SHARE ON:
RATE THIS ARTICLE:
Not rated yet.
* Mandatory fields

ADD YOUR COMMENT

Name*:
Email*:
Subject*:
Comment*:

Looking for a car?

Find it in looklocal Cars

Find a job

Find it in looklocal Jobs

Find your dream home

Find it in looklocal Property

Network News

News powered by Moneyweb

Network News

News powered by Moneyweb