News powered by
Crime

Man spuit meisie glo met sy eie bloed in

As hy MIV-positief is, kan hy selfs van poging tot moord aangekla word

01 February 2013 | Nicolene Smalman

Not rated yet.

NELSPRUIT - 'n Man het vanoggend sy meisie by haar werkplek - 'n groothandelaar in die middestad, na bewering met sy eie bloed ingespuit.

Hy is gearresteer en sal Maandag in die hof verskyn op 'n klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Sou dit aan die lig kom dat hy MIV-positief is, kan hy selfs van poging tot moord aangekla word.

Die man het vanoggend 'n vriend gevra om hom 'n saamry-geleentheid na die handelaar te gee. Dié vriend het buite in sy voertuig gewag en die verdagte het die perseel betree.

Hy het na bewering sy meisie gekonfronteer, haar in die maag geslaan en haar twee keer met 'n spuitnaald in die bo-arm gesteek waarvan die buis glo vol van sy eie bloed was.

Hy het na buite gevlug en die vriend beveel om te ry. Die vriend het glo onraad vermoed en die meisie geskakel en gevra of iets fout is, waarop sy na bewering aan hom gesê het dat haar kêreld haar sopas met sy bloed ingespuit het.

Bossie's Community Justice en die handelaar se sekuriteitshoof is van die voorval in kennis gestel en die verdagte is kort hierna by 'n eetplek in die stad aangekeer.

Hy is aan die polisie oorhandig en kapt. Charles Bezuidenhout, waarnemende polisiewoordvoerder, het by navraag gesê dat hy Maandag in die hof sal verskyn.

« Back
SHARE ON:
RATE THIS ARTICLE:
Not rated yet.
* Mandatory fields

ADD YOUR COMMENT

Name*:
Email*:
Subject*:
Comment*:

Looking for a car?

Find it in looklocal Cars

Find a job

Find it in looklocal Jobs

Find your dream home

Find it in looklocal Property