News powered by
General

Raad onderneem om nou aandag aan vleiland te gee

Die munisipaliteit is glo besig met 'n bewusmakingsveldtog

21 October 2011 | Aliche Bezuidenhout

Not rated yet.

Aliche Bezuidenhout

NELSPRUIT - Na vele klagtes van die publiek oor die toestand van die vleiland in Ou Pretoriaweg, gee Mbombela Munisipaliteit nou glo aandag aan die saak.
Laevelder het verlede week berig oor die stuk rommelbestrooide vleiland wat tussen Battery Centre en Laeveld Bouhandelaars geleë is. Beide ondernemings poog om dit skoon te hou, maar mnr. Gavin Martins, bestuurder van Battery Centre, voel dat dit nie hulle verantwoordelikheid as belastingbetalers is om dit te doen nie.
Volgens me. Bessie Pienaar, kommunikasie-beampte vir Mbombela Munisipaliteit, is dit parke- en afval-bestuurdepartement se plig om die vleilande skoon te maak en in stand te hou.
Op navraag het Pienaar gesê dat die munisipaliteit wel die probleem ondersoek het en nou aanspreek. Wat dit behels is egter onduidelik, en teen druktyd was die vleiland steeds in ‘n haglike toestand. "Vleilande is veronderstel om te alle tye beskerm te word. Die publiek en besighede mag dit nie besoedel nie, en moet op die belangrikheid daarvan attent gemaak word," sê sy.
Die munisipaliteit is glo besig met ‘n bewusmakingsveldtog, en ook met die hersiening van die omgewingsbestuurraamwerk, wat insluit die identifisering en beskerming van alle sensitiewe areas soos vleilande.
Soortgelyke klagtes kan by die parke en afvalbestuurdepartement aangemeld word by 013-759-2142 of 013-759-2141. "Die publiek is welkom om ons van enige omgewings-probleme in kennis te stel en saam met ons te werk om dit op te los," sê Pienaar.

« Back
SHARE ON:
RATE THIS ARTICLE:
Not rated yet.
* Mandatory fields

ADD YOUR COMMENT

Name*:
Email*:
Subject*:
Comment*:

Looking for a car?

Find it in looklocal Cars

Find a job

Find it in looklocal Jobs

Find your dream home

Find it in looklocal Property

Network News

News powered by Moneyweb