News powered by
Municipal

Varke vrek, talle brandsiek

Dooie varke en siek beeste en varke is op munisipale grond gevind wat onwettig daar aangehou word deur plakkers.

19 July 2012 | Daleen Naude

Not rated yet.

Dooie varke in verskillende stadiums van ontbinding, klein varkies wat heen en weer hardloop vir kos en ’n kalfie vasgemaak aan ’n paal was die skokfonds wat die Dierebeskermingsvereniging dié week op munisipale grond gemaak het.


Die DBV het klagtes gekry vanaf boere oor siek rondlopervarke.
Insp. Ian Lombard en insp. Cheryl Seager het die omgewing gefynkam en op ’n plaas tussen Uitbreiding 24 en die plaas Groenfontein op die varke afgekom.


Dooie varke is gekry en 50 varke, wat meestal bestaan uit klein brandsiekbesmette varkies, het oral rondgehardloop.


Die DBV het dadelik voedingsmeel vir die diere gaan haal.
Weens honger en dors het van die varkies heen en weer tussen die bakke gehardloop omdat hulle nie kon besluit of hulle dors of honger is nie. Alhoewel daar genoeg kos was, het die varke onder mekaar baklei vir ’n happie kos.


Net ’n entjie verder is ’n kalfie van sowat drie weke oud vasgemaak aan ’n paal gekry. Die dier se ribbekas was sigbaar onder die vel en daar was geen kos of water beskikbaar nie.
’n Breë leerband het hom aan die paal vasgehou. Die oomblik toe die DBV hom losmaak het hy op wankelrige beentjies van dankbaarheid op en af gespring. Met die ander beeste se terugkoms vanaf die veld, het die kalfie teen verskeie koeie gaan stamp om iets te drinke te kry.


Met ondersoek deur die Observer  is vasgestel dat die grond aan die munisipaliteit behoort. Mnr. Willie Fouché (munisipale bestuurder) het dadelik vir mnr. Solly Links (senior omgewingsgesondheidsbeampte) saam met die DBV na die plaas gestuur. Daar is besluit om beslag te lê op die varke, omdat niemand na vore wou kom om eienaarskap vir die diere te aanvaar nie.


Woensdag is met behulp van staatsveeartse die 15 siekste varke gelaai.

*Daar is verskeie krale op die gronde, met onder meer beeste, varke en boerbokke, maar niemand kon bewys lewer dat hulle regmatig op die grond mag wees nie en word almal as “plakkers” hanteer. “Die stadsraad sal nou hul bywette moet toepas om die mense en hul diere van die grond af te kry,” het mnr. Lombard gemeld.

*Meer foto’s van die gebeure verskyn op Look Local Gallery.

daleen@mobserver.co.za

« Back
SHARE ON:
RATE THIS ARTICLE:
Not rated yet.

Looking for a car?

Find it in looklocal Cars

Find a job

Find it in looklocal Jobs

Find your dream home

Find it in looklocal Property

Network News

News powered by Moneyweb