News powered by
General

Pretoria-Noord se water skoon: AfriForum

Pretoria-Noord se drinkwater is skoon, het AfriForum Donderdag in ‘n verklaring gesê.

07 February 2013

Not rated yet.

Pretoria-Noord se drinkwater is skoon, het AfriForum Donderdag in ‘n verklaring gesê.

Volgens Julius Kleynhans, hoof van omgewingsake vir AfriForum,hou die water geen gesondheidsrisiko in nie, ten spyte van die kleur.

 AfriForum het verlede week watertoetse laat doen.

“Al lyk die water nie skoon nie, is dit drinkbaar. Die grootste deel van die gebied se water is nou skoon en die Tshwane Metroraad het die kwessie opgelos soos wat hulle belowe het. Die klagtes dui egter duidelik daarop dat mense ook water wil hê wat skoon lyk. Dit is ʼn waterwerke-kwessie wat in die toekoms uitgeskakel moet word," het Kleynhans gesê.

Die watermonster het glo aangedui dat alle elemente aan die SANS 241-drinkwaterstandaard voldoen, behalwe die kleur wat dubbel die standaard was.

Die Tshwane metro se woordvoerder, Nomasonto Ndlovu, het verlede week gesê die Roodeplaat Watersuiweringswerke het ’n kragonderbreking ervaar wat die verkleuring van die water veroorsaak het.

Die Roodeplaat Watersuiweringswerke kon daarom nie water voorsien aan aan die Montana Reservoir nie en dus moes die reservoir aangevul word deur die Grasfontein Reservoir. Hierdie water het egter ’n laer pH vlak wat veroorsaak dat die wande van die pyplyn yster vrylaat en in die water beland.

Volgens Ndlovu hou die gekleurde water geen veiligheidsrisikos in nie. Die water sou slegs ’n metaalsmaak gehad het.

 

« Back
SHARE ON:
RATE THIS ARTICLE:
Not rated yet.
* Mandatory fields

ADD YOUR COMMENT

Name*:
Email*:
Subject*:
Comment*:

Looking for a car?

Find it in looklocal Cars

Find a job

Find it in looklocal Jobs

Find your dream home

Find it in looklocal Property

Network News

News powered by Moneyweb

Network News

News powered by Moneyweb