Floute lei tot ongeluk
22 February 2013
Diebestuurder van ‘n bakkie het verlede Donderdagoggend in ‘n huis ingery.
Die voorval het op die R36 net voor die ingang van Modjadjiskloof plaasgevind.
Johan du Toit was oppad terug van die tandarts in Tzaneen toe hy bewussyn verloor het en van die pad af in die huis vasgery het.
‘Ek weet nie wat gebeur het nie, ek het ‘n black-out gehad,’ het Du Toit gesê.
Verkeerspolisie en nooddienste was onmiddellik op die toneel.
Du Toit het snye opgedoen in die ongeluk en ‘n vrou in die huis het glo ook ligte beserings opgedoen. Die ongeluk het ongeveer 09:00 plaasgevind.
‘Die span by Supaquick het dadelik gegaan en het die huis so gou moontlik reg gemaak,’ vertel Du Toit.



ADD YOUR COMMENT