Abraham Kriel Kinderhuis
23 July 2012 | Minke Slabber
HELEEN Roos, die assistent bemarker van Abraham Kriel Kinderhuis, skryf:
Ons hier by die Abraham Kriel Kinderhuis in Nylstroom wil langs hierdie weg ons opregte dank uitspreek vir een en elkeen wat aan die Northern War Cry Paintball dag op 16 Junie deel gehad het.
Ons het ‘n mooi bedrag van R6 445.45 ontvang.
Ons by die Kinderhuis is afhanklik van donateurs aangesien ons staatsubsidie slegs 56% dek van ons uitgawes.
Sonder mense wat hul harte en hande oopmaak, sal ons ook ons deure moet sluit en die kinders in ons sorg in die steek moet laat. Ons versorg 171 getraumatiseerde kinders uit alle vlakke van die samelewing. Ons kinders se ouderdomme wissel vanaf die ouderdom van 3 jaar tot so oud soos 20 jaar.
Soos u dan weet, is dit in die huidige ekonomiese toestande baie moeilik om vir hierdie kinders die basiese te voorsien. Daarom dat ons mense so nodig het. ‘n Spesiale dank aan die organiseerders wat bereid was om die geleentheid namens die Kinderhuis te hou. Ons waardeer jul onbaatsugtige liefde en omgee.



ADD YOUR COMMENT